Kellogs krummel vakrktjops

Ingestuur deur Wanda-Mari Lundy

Rencia Odendaal Pretorius
Die is genoeg vir 2/3 groot varktjops

Bestanddele
Kellogs flakes – sommer so 2 hande vol en 6 provitas, tuc, salticrax, cream crackers , enige soutkoekie wat jy besikbaar het in jou kas (fyngemaak)
2.5ml paprika
10ml gemengde speserye – Ek gebruik net Crown se Texan steak spices vir alles in my huis
Sout en gemaalde swartpeper
Meng alles
2 eiers – geklits
Sny swoerd/vet met sker kepe in of verwyder

Metode
Druk die tjop in kellogs mengsel, dan in eier en dan weer in die kellogs mengsel.
Sit in yskas vir tenminste 30 min sodat die degie lekker vas kan sit
Spuit jou bakplaat met spray en cook
Oondbraai vir 20/25 min by 220 grade, dis nie nodig om dit om te draai tydens die bakproses nie

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 463 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *