KERRIE-AARTAPPELS

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
1 kg uie, in skywe gesny,
kookolie en botter, saam verhit,
1,5 kg skaapvleis, in stukkies gesny,
1 kg aartappels, geskil en in kwarte gesny,
10 ml borrie,
10 ml kerriepoeier,
2 rissies, fyngekap,
2 groot tamaties,
sout na smaak,
stukkies pypkaneel.

Metode
Smoor uie in oliebotter tot goudkleurig. Was vleisblokkies, voeg by uie en stowe tot goudbruin. Voeg aartappels en res van bestanddele by saam met ‘n bietjie water en stowe tot deurgekook en gaar.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 977 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *