Ps.6:6 (6:7)

Woensdag 8 Junie 2016 Tema: Stukkend 3

**** My eie woorde
****Een van die situasies wat ons elkeen al beleef het, is afskeid,
of verlies deur die dood. Dis waar jou hart stukkend is en dit voel
of dit nooit weer heel sal word nie. Daar is seker niks so erg
soos die gemis van ‘n geliefde nie. Party dae huil jy ander dae is
jy stil. Vreemd genoeg daardie oomblik onthou jy net die mooi
oomblikke, die lekker tye saam, die saam lag en gesels. Al die
ander negatiewe goed is weg uit jou gedagtes uit asof dit nie
bestaan het nie. Soos die tyd aanstap word die verlang
draagliker maar ons vergeet nie. Dan is daar weer dae wat die
verlang jou sommer wil vasdruk as die gemis weer wydsbeen
oor jou hart kom lê. Hierdie stukkende hart kan Jesus heelmaak
maar om die sekerheid te hê om eendag weer ons geliefdes te
sien moet ons nou ons lewens regmaak.

Ps.6:6 (6:7) Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed
swem; ek deurweek my bed met my trane.
1 Kor.15:26 Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.
Joh.3:3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek
sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die
koninkryk van God nie sien nie.
Open.21:4 En God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar
sal geen dood meer wees nie; ook droefheid en geween en
moeite sal daar nie meer wees nie, want die eerste dinge het
verbygegaan.

GETUIENISSE en TERUGVOER
CE getuig:
“Ek het onlangs ‘n gebedsversoek gehad. My man Jaco het
gegaan vir ‘n onderhoud in Pretoria. Hy het die pos gekry en
begin 1 Julie. Ons loof die Here en is baie dankbaar.”
**** Baie dankie vir die terugvoer dis so belangrik dat ons ook
kan dankie sê.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 8 Junie 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet jou
bederf dag.
Liz Swart 8 Junie
Irene Douglas 8 Jun
Susan Cornelius 8 Jun
Loszen Swartz 8 Jun.
Jaco Erasmus 8 Jun
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 206 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *