Ps.90:10

Donderdag 9 Junie 2016 Tema: Stukkend 4

**** My eie woorde
**** Weet julle die Heilige Gees is so getrou. Ek het reeds
gisteroggend hierdie dagstukkie beplan vir vandag en deur die
loop van die dag ontvang ek twee briefies. Een persoon wat
stukkend is weens kanker die ander wat ’n blymoedige getuienis
lewer van volkome genesing. Een ding is seker ons leef elkeen
op geleende tyd, 70 tot 80 jaar sê die Woord. Nogtans is ons
almal vasgevang in die kanker van sonde en daar is net een
genesing en dis die bloed van Jesus Christus wat Hy vir ons
gestort het. Siekte wat lei tot die dood is genade tyd want die
HERE sê ek gee vir jou spesiale tyd, dis nie maklik nie glad nie,
maar dink daaraan dat iemand in ‘’n oomblik weggeruk word,
geen afskeidswoord geen woord om na te laat

Ps.90:10 Die dae van ons jare—daarin is sewentig jaar, of as
ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is
moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg
daarheen.
Ps_34:18 (34:19. Die HERE is naby die wat gebroke is van hart,
en Hy verlos die wat verslae is van gees.
Ps_147:3 Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind
hulle wonde.

GETUIENISSE en TERUGVOER
RB getuig:
Ek het Vrydag 27ste Mei ‘n opvolg gehad met ‘n dokter van Suid
Afrika hy is die dokter by die Oncology Centre in Windhoek
Namibia. Omdat ek bestraling gekry het moet ek na elke drie
maande gaan sodat hulle my vel kan dophou. Jy sal nie glo wat
sê die dokter vir my, hy sê ek is seker die masjien was af toe die
bestraling gedoen is want jou vel lyk baie mooi dit lyk glad nie of
jy bestraling gehad het nie. Jy weet hoe voel ek oor remissie ek
glo nie aan dit nie want nêrens lees ek dat Jesus iemand gesond
gemaak het en die persoon word weer siek nie nêrens lees ek
dit. Maar my man vra vir die dokter, wat is remissie en hy
antwoord so smart hy sê ek moet terug gaan en by die begin
begin. Jou vrou het nie meer kanker nie dis weg dit was klein en
vroeg detect en dis weg ons kan nie meer sê jou vrou het kanker
nie sy is ook nie in remissie nie dis weg kanker en geen en al is
weg. Dis wat die Here kan doen. Through the stripes of Jesus I
am completely healed from cancer and DCSI. God is groot ek
skryf Vrydag my laaste vak dan kry ek my diploma in BA dis
alles wat net Jesus kan doen.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 9 Junie 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
C. Farao 9 Junie
Ronald Emmerson 9 Jun.
Johan Visser 9 Jun
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 145 times, 1 visits today)
Advertisements

One thought on “Ps.90:10”

  1. Bid asb vir my ook…met kanker gediagnoseer n maand gelede..Drs wil lewensveranderende operasie doen om kanker uit te sny…ek wil nie operasie toelaat op die stadium nie…ek kan ook nie radiasie of chemoterapie kry nie op die vroe stadium nie…kankerselletjies het egter ook reeds begin verspei na limfnodes toe.. Ek glo egter dat die Here My sal voorsien van alles wat ek nodig het om die konker te help oorwin.
    Groete
    Marie

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *