PYNAPPEL-MAASKAASTERT

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
1 rolkoek (in skywe gesny),
1 blik pynappelstukke (aarbeie, appelliefies, youngbessies),
250 g maaskaas,
1 blik kondensmelk,
80 ml suurlemoensap.

Metode
Plaas laag rolkoek in tertbak. Meng maaskaas, kondensmelk en suurlemoensap. Klits goed tot dit dik word. Gooi mengsel oor rolkoekskywe. Dreineer pynappels. Kook sap met 12,5 ml vlapoeier om te verdik. Voeg pynappel by en laat afkoel en skep dan bo-op maaskaas. Plaas in koelkas om te verstewig.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,376 times, 2 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *