Soetkoekies met Glaseersel

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Doodgewone soetkoekies word elegante teekoekies met ligpienk amandel-gegeurde glaseersel.

Bestanddele:
125 g Sagte botter
375 ml Witsuiker
2 Ekstra-groot eiers
5 ml Vanieljegeursel
750 ml Koekmeel
15 ml Bakpoeier
4 ml Neutmuskaat
1 ml Sout

Versiersel
500 ml Versiersuiker, gesif
30-45 ml Warm water
2-3 Druppels amandelgeursel
2 Druppels pienk voedselkleursel

Metode:
Voorverhit die oond tot 200 grade C en smeer ’n paar bakplate. Verroom die botter en suiker goed saam. Voeg die eiers en vanieljegeursel by en klits goed. Sif die meel, bakpoeier, neutmuskaat en sout bo-oor die geroomde mengsel en meng goed tot ’n sagte deeg. Bedek en laat rus vir 30 minute in die yskas. Rol die deeg op ’n meelbestrooide oppervlak uit en druk vorms uit. Pak op die bakplate, maar laat ’n redelike spasie tussen elkeen, want die koekies sal sprei. Bak vir 8-10 minute tot strooikleurig. Laat op die bakplate afkoel tot ferm genoeg om te hanteer en pak dan op ’n draadrak om heeltemal af te koel.
Meng alles vir die versiersel saam (voeg nog ’n paar druppels water by, indien nodig,om ’n smeerbare versiersel te verkry). Plak die koekies op mekaar met die versiersel en pak weer op die draadrakke tot die versiersel hard is.
Lewer 45 dubbel-koekies.

Landbouweekblad 29 November 2010

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,058 times, 1 visits today)
Advertisements

2 thoughts on “Soetkoekies met Glaseersel”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *