TELEFOONPOEDING

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
125 ml margarien,
sout,
250 ml melk,
1 eier,
3 ml koeksoda,
37,5 ml appelkooskonfyt,
250 ml suiker,
375 ml meelblom,
5 ml gemmer,
5 ml bakpoeier.

STROOP:
750 ml water,
250 ml suiker,
sout.

Metode
Klop margarien en suiker en room goed. Klits eier by. Roer konfyt by. Meng droe bestanddele, behalwe koeksoda en sif by suikermengsel. Meng goed. Maak deeg met melk aan waarin koeksoda opgelos is. Kook water, suiker en sout vir stroop saam. Giet in vuurvaste bak. Skep deeg daarin. Bak 30 – 45 min (180*C) tot gaar. Dien op met vla of room.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,123 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *