1Kor 11:31 ~ Oor begin 4

Donderdag 21 Julie 2016 Tema: Oor begin 4

**** My eie woorde
****Ons lewe tans in baie ernstige tye. Wanneer mens sien en hoor
van die weersomstandighede oor die wêreld, behoort dit alleen ons
elkeen wakker te maak vir die tyd wat ons betree. Daar is nie meer
tyd om verskoning te soek vir ons sondes nie. Wanneer ons eers
begin redeneer waarom die HERE dit wat ek verkeerd doen sal
oorsien, beweeg ek op ‘n gevaarlike terrein. Sonde sal nie, en kan
nie, in die hemel toegelaat word nie want dan sal Satan ook kan
teruggaan om ons daar verder te terroriseer en dan het Jesus mos
verniet Sy lewe kom aflê. Sonde kan nie voor God bestaan nie.
Oorbegin is ook ‘n skoonmaak van ons harte. Jy sien dis soos met
‘n oefen program. Jy kan al die inligting onder die son hê, die beste
programme en selfs DVD;’s sketse en apparate. Om daaroor te lees
en daarna te kyk is waardeloos. Die belangrike deel is om te doen,
om fiks te word. ….. Kom ek en jy staan stil voor die HERE en vra
Hom, HERE wys vir wat U wil hê moet ek doen …..doen dit dan
wanneer HY jou wys want jou gewete sal jou lei.

Luk 12:56 Geveinsdes, die voorkoms van die aarde en die lug
weet julle te beoordeel, maar hoe is dit dat julle hierdie tyd nie kan
beoordeel nie?
1Kor 11:31 Want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie
geoordeel word nie. v32 Maar as ons geoordeel word, word ons
deur die Here getugtig, sodat ons nie saam met die wêreld
veroordeel mag word nie.
Ps 38:18 (38:19) Ja, my ongeregtigheid bely ek, ek is bekommerd
oor my sonde.
1Joh 1:9 As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om
ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.
v10 As ons sê dat ons nie gesondig het nie, dan maak ons Hom tot
‘n leuenaar en is sy woord nie in ons nie.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 21 Julie 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Salome de Lange 21 Jul.
Hanni Truter 21 Jul
Joey du Preez 21 Jul
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 75 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *