BACON-KIP HOENDER

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
(4-6 porsies)
1 kg hoender,
sout & peper,
37,5 ml margarien,
200 ml melk,
pieterselie,
1 hoenderaftrekselblokkie,
1 pakkie Bacon-Kips,
37,5 ml meelblom,
125 ml gerasperde kaas,
paprika.

Metode
Kook hoender gaar in water waarin aftrekselblokkie opgelos is. Verwyder bene en sny vleis in stukkies. Geur met sout en peper. Rol beskuitjies fyn en meng met hoender. Maak ‘n witsous van margarien, meel en melk. Voeg kaas by. Meng hoender met kaassous, strooi pieterselie oor en bak 15 min. lank. (180*C) (Witsous en kaas kan vermeerder word om gereg klammer te maak.)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 2,309 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *