BOONTJIEGEBAK

Ingestuur deur Rika Theron
4 – 6 porsies

Bestanddele
250 g weense worsies, gekap,
1 blik gebakte boontjies in tamatiesous,
25 ml tamatiesous,
50 ml water,
12,5 ml aangemaakte mosterd,
50 g kaas, gerasper,
125 ml broodkrummels,
25 ml margarien.

Metode
Verhit oond tot 180*C. Meng worsies, boontjies, tamatiesous, water en mosterd en plaas in bakskottel. Bedek met gerasperde kaas en sprinkel broodkrummels bo-oor. Stip met margarien en bak 20 – 30 min. Dien op saam met rys of stampmielies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 198 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *