FLIPPEN LEKKA MIELIEPAP TERT

Ingestuur deur Mari Jansen van Vuuren

Oorspronklik ingestuur en geplaas op Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Bestanddele
3K meel
Genoeg kookwater om meel in pot toe te maak;
Knippie sout vir pap;
Maak slap pap en prut vir 5-7 minute;
1 Pakkie gesnyde mushrooms;
3 Tamaties in blokkies gesny;
2 Gekapte uie;
1 K gerasperde cheddar kaas;
1 Blikkie mielies (sweetcorn of pitte – jou keuse);
1 Pakkie mushroom sop aangemaak met
400ml koue melk;
Olyfolie en
2 eetlepel margarine.

METODE:
Braai uie en mushroom in olyfolie en margarien.
Meng sop en melk en gooi by uie en mushrooms en kook tot lekker dik sous.
Gooi laag pap in jou oondbak. Gooi gesnyde tamaties met Flippen Lekka Spice na smaak.
Gooi laag pap. Gooi mielies. Gooi laag pap. Gooi uie en mushroom.
Gooi nou weer Flippen Lekka Spice na smaak. Laastens gooi gerasperde kaas oor.
Bak in oond @ 180 grade vir 20 minute
Bron: Onbekend

________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,868 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *