Franse Sjokolade Koek

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Bestanddele:
200 g Donker sjokolade
125 g Botter
150 g Suiker
6 Eiers, geskei
Versiersuiker
Vars mentblare, as versiering

Metode:
Voorverhit die oond tot 200 °C. Smelt die sjokolade en botter saam in ’n vuurvaste glasbak oor ’n kastrol met kokende water (of doen dit in die mikrogolf as jy haastig is). Meng die suiker en die eiergele met die gesmelte sjokolademengsel. Klits die eierwitte tot styf en vou dit versigtig by die res van die bestanddele in.
Skep die mengsel in ’n klein, diep koekpan (of in ses oondvaste bakkies) wat met botter gesmeer is. Bak vir 20 minute (vir ’n groot koek) of 12 minute (vir die bakkies). Na 10 minute kan jy die tert met foelie bedek om te keer dat dit uitdroog. Die tert lyk nog effens loperig wanneer jy dit uithaal, maar word droër namate dit afkoel. Bestuif met versiersuiker en versier met mentblare.

Lewer ses porsies.

Wenk: Gebruik sjokolade met die hoogste persentasie kakaobotter wat jy kan bekostig: 50 – 70% sal werk.

Landbouweekblad, 3 Desember 2010

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 244 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *