Heb. 11:1 ¶

Vrydag 15 Julie 2016 Tema Hoop vir die Toekoms 5

**** My eie woorde
**** Wat gee ons hoop vir die toekoms- Daar staan geskrywe ons
geloof en die Woord van God. Geloof is dan juis om te bly hoop op
wat ons nie sien nie. Waar soek ons antwoorde? Die Skrifte gee vir
ons antwoorde en dit gee ons hoop. Onthou alles op aarde gaan
verby maar God se Koninkryk is ewig en dit is ons strewe en
verwagting. Onthou die lewe staan nie stil by jou ervaring waardeur
jy nou gaan nie dit gaan verby en die lewe gaan aan of dit goed is
of sleg. Die belangrikste is, sou dit vandag my laaste dag wees of
ek gereed is. Geseënde naweek almal

Heb. 11:1 ¶
Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n
bewys van die dinge wat ons nie sien nie.
Rom 8:24
Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is
geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?
V25 Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop
met volharding.
Rom 12:12
verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard
in die gebed.
Rom 15:4
Want alles wat tevore geskrywe is, is tot ons lering tevore
geskrywe, sodat ons deur lydsaamheid en bemoediging van die
Skrifte hoop kan hê.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 15,16 &17 Julie 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Sonia Venter 15 Jul.
Dina Janquewitch 15 Julie
Louanda Fourie 16 Jul
Ilse Snyman 16 Julie
Zelda Morkel 17 Julie
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 78 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *