Jona 1:1

Maandag 4 Julie 2016 Tema: Waarheen vlug jy? 1

**** My eie woorde
**** Het jy al ‘n moeilike opdrag van die HERE ontvang? In jou hart
WEET jy die Heilige Gees dring jou, maar jy worstel met die ding.
Kyk wat doen Jona …hy vlug weg van die aangesig van die HERE.
Hoe vlug ons weg? Nie fisies soos Jona nie, maar ons hou op bid
en met die Here praat en ons bly weg van die Bybel af as ander
daaroor praat voel ons ongemaklik en verander die onderwerp. Ons
hardloop soos Jona weg dalk word die stemmetjie stil. Onthou die
HERE het vir Jona ingehaal ….. Mag jou week gesend wees vol van
Sy teenwoordigheid

Jona 1:1 En die woord van die HERE het gekom tot Jona, die seun
van Amíttai, en gesê: v2 Maak jou klaar, gaan heen na die groot
stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg
voor my aangesig. v3 Maar Jona het hom klaargemaak om na
Tarsis te vlug, van die aangesig van die HERE af weg; en hy het na
Jafo afgegaan en ‘n skip gevind wat na Tarsis sou vaar. En hy het
die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na
Tarsis te vaar, van die aangesig van die HERE af weg.
Hosea 14:1 (14:2) Bekeer jou, Israel, tot die HERE jou God, want
jy het gestruikel deur jou ongeregtigheid.
Ps 31:2 (31:3) Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my
‘n rots om in te vlug, ‘n baie vaste huis om my te verlos.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 4 Julie 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Helen Losper 4 Julie
Cornel Carvalho 4 Julie
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 88 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *