KLAPPER EN NEUT FUDGE

Ingestuur deur Lynette Muller

Bestanddele
500 ml (155 g) droë klapper
190 ml ingedampte melk
500 ml (425 g) suiker
30 g botter
30 ml gerasperde suurlemoenskil
125 ml gemengde neute (pistachio’s, pekanneute en amandels), grofgekap

METODE:
Verhit die droë klapper, ingedampte melk en suiker saam in ’n kastrol oor matige hitte.
Laat dit vir 25 minute prut en roer dit kort-kort tot die mengsel die sagtebalstadium bereik (as jy ’n bietjie daarvan in koue water drup, vorm dit ’n sagte balletjie).
Voeg die botter en gerasperde suurlemoenskil by en roer die mengsel.
Haal die kastrol van die plaat af en laat die mengsel tot kamertemperatuur afkoel.
Klop dit met ’n houtlepel tot dit verdik en glanserig raak.
Gooi die mengsel in ’n gesmeerde pannetjie en druk dit met ’n lepel gelyk.
Sprinkel die neute bo-oor en druk dit in die mengsel in. Laat
die fudge oornag stol en sny dit in blokkies. Bedien dit met klein koppies ment tee.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 545 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *