Luk 10:40

Baie welkom aan die mensies wat nuut ingeskryf het.
My rekenaar is nou min of meer reg so indien jy in
Aug.verjaar nooi ek almal uit om hulle datums aan te stuur.

Donderdag 28 Julie 2016 Tema: Ek hoor Sy stem …wat nou? 4
**** My eie woorde
In die eerste deel sien ons dat Martha ‘n gasvrou was wat omgesien
het na almal wat ietsie te ete moes kry. Jesus antwoord haar so
mooi wanneer Hy sê “Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor
baie dinge” tog toe haar broer Lasarus sterf kom haar geleentheid
om te sien Wie Jesus regtig is, kyk haar antwoord in v 27 Eers
daarná gaan sy na Maria en roep haar. Hoe kosbaar is die
boodskap net nie. Miskien sê die HERE ook vanmôre vir jou jy is
besorg oor baie dinge… Maar ‘’n ontmoeting met Jesus maak die
verskil.

Luk 10:40 Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy
kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my
alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help.
V41 Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is
besorg en verontrus oor baie dinge;
Joh.11V 25 Jesus sê vir haar: Ek is die opstanding en die lewe;
wie in My glo, sal lewe al het hy ook gesterwe;26 en elkeen wat
lewe en in My glo, sal nooit sterwe tot in ewigheid nie. Glo jy dit?
27 Sy antwoord Hom: Ja, Here, ek glo dat U die Christus is, die
Seun van God, wat in die wêreld sou kom.28 En nadat sy dit gesê
het, gaan sy en roep Maria, haar suster, stilletjies en sê: Die
Meester is hier en Hy roep jou. 29 Sy het, toe sy dit hoor, vinnig
opgestaan en na Hom toe gegaan.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 28 Julie 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Riana Schuster 28-07
Silla v d Merwe 28 Jul
Magda van Staden 28 Julie
Tertia Raatus 28 Jul.
Wanda Fhorbesch 28 Jul
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 91 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *