Mielie Brood Muffins

Ingestuur deur Lynette Muller

Genoeg vir: 12

Bestanddele
2 chorizoworsies, gekap
15 ml olie
250 ml mieliemeel
250 ml bruismeel
10 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
5 ml sout
5 ml mosterdpoeier
200 ml karringmelk
2 eiers
1 blik geroomde mielies
200 ml cheddarkaas, gerasper
paprika

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C.

Braai die worsies in die olie tot bros. Dreineer op kombuispapier.

Sif die droë bestanddele saam in ’n bak. Klits die karringmelk, eiers en mielies saam en roer die helfte van die kaas en die helfte van die worsies by.

Meng saam met die droë bestanddele tot net gemeng en skep dit in die holtes van ’n gesmeerde kolwyntjiepan.

Sprinkel die oorblywende kaas, worsies en paprika oor.

** Bak die muffins vir sowat 25–30 minute of tot deurgaar.♫

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 474 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *