MIELIEPOFFERS

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
1 blik roommielies,
1 eier, geklits,
190 ml meel,
5 ml bakpoeier,
2 ml sout,
kookolie.

Metode
Meng mielies en eier. Sif droe bestanddele saam en roer by mieliemengsel. Skep lepelsvol in warm olie en braai aan weerskante bruin. Dreineer goed en dien warm op.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,372 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *