SUURLEMOENKOEKIES MET KLAPPER

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
1 blik kondensmelk,
250 ml klapper,
125 ml suurlemoensap,
5 ml suurlemoenskil,
100 ml botter, gesmelt,
1 pakkie Tennisbeskuitjies en ekstra klapper om bo-oor te strooi.

Metode
Smeer ‘n bak (24 x 24 cm). Meng kondensmelk, suurlemoensap en -skil en klits goed. Voeg klapper by en meng deur. Voeg gesmelte botter bietjies-bietjies by terwyl aanhoudend geroer word. Pak ‘n laag beskuitjies onder in bak. Skep ‘n laag klappermengsel oor en herhaal lae tot alles opgebruik is. Verkoel tot benodig en sprinkel klapper oor. Sny in blokkies en hou in yskas

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 344 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *