Esra 8:1

Maandag 1 Aug. 2016 Tema: Verootmoediging 1

**** My eie woorde
**** Goeiemôre almal. Hierdie week is weer ‘’n baie belangrike week
vir ons in RSA . Wanneer mens vandag se gedeelte lees sien mens
dat ‘’n vasdag juis aandui dat ons , ons voor die HERE verootmoedig
Sovêr het slegs 3 mense laat weet hulle vas saam. Is daar net 3
mense op ons poslys wat bereid is om hulle te verootmoedig vir ons
land en ons volk. Kom ons vra God se hulp vir hierdie mooi land .
Al wat jy moet doen, is stuur ‘’n “reply” en sê: Vas saam of ek is “in”
Vanaf sononder vanaand tot sononder môreaand -24 uur vir die HERE .

Esra 8V21 Ek het daar by die Ahawarivier ‘n vasdag uitgeroep
om ons voor ons God te verootmoedig en Hom te bid om ‘n
voorspoedige reis vir onsself, ons afhanklikes en al wat ons besit het.
V22 Ek was skaam om vir die koning soldate en ruiters te vra om ons
teen vyande langs die pad te help. Ons het
vir die koning gesê ons God sorg goed vir almal wat Hom dien
en Hy straf almal swaar wat Hom verlaat. V23 Ons het dus
gevas en die hulp van ons God gevra vir ons onderneming, en Hy
het ons gebede verhoor.

Getuienis
Alfred getuig:
‘n Paar maande gelede het ek jou vertel van die hoë risiko (Onkoloog
se beskrywing) melanoom wat by my ontdek is. Ek het Hom gevra
om asb vir my te sê wat Sy doel hiermee is en toe gee Hy my Ps
30:3 & 4 :” Here my God, ek het na U geroep en U het my gesond
gemaak. Here, U het my gered van die doderyk” Die wonderlikste
kalmte het oor my gekom. Sedert middle Okt 2014 het ek vier
operasies gehad, elke keer was dit duidelik dat daar nog kankerselle
in my was. Ja, die satan het my erg aangeval, vertwyfeling,
moedeloosheid, klein gelowigheid, noem maar op! As dinge op hul
donkerste was, is ek net terug na Ps 30 en elke keer het Hy my
versterk. Die laaste operasie was op 22Julie, op my verjaarsdag, en
vir die 1ste keer het die histologie verslag gesê dat nog nege kliere
verwyder is EN ALMAL SKOON was. ‘n Wonderwerk, beslis! Ek kan
nie genoeg dankie sê nie! Hy is volkome getrou, veral ook aan sy
leiding wanneer ek elke keer moes besluit :Nog ‘n operasie, of nie!
Elke keer was Sy antwoord Ja!
Lente, as enige iemand ooit wonder of twyfel oor God se almag en
genade, stuur hulle na my toe – ‘n lewende bewys daarvan! Baie
dankie ook vir jou voorbidding, die Here seën elkeen wat vir my
gebid het!

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 1 Aug. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Piet Rademeyer 1 Aug.
Lee_Ann Alfred 1 Aug
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 117 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *