Dan 10V2

Vrydag 5 Aug. 2016 Tema: Verootmoediging 5

**** My eie woorde
**** Daniël verootmoedig hom voor die HERE vir drie weke. Het jy al
vir drie weke oor ‘’n saak gebid? Ag ek bid al jare antwoord jy. Ek
praat van ‘’n saak wat so ernstig vir jou is dat jy bereid is om 21 dae
voor God daaroor te worstel. Ons vind dit in :

Dan 10V2 In daardie tyd het ek, Daniël, drie weke getreur. V3
Ek het die volle drie weke geen lekker kos geëet nie, my mond nie
aan vleis of wyn gesit nie en geen reukolie gebruik nie. V4Op
die vier en twintigste dag van die eerste maand was ek by die groot
rivier, die Tigris. V5 Toe ek opkyk, sien ek ‘n man ….

**** Dit wat Daniël daarna beleef is wonderlik maar ook vreeslik
gaan lees dit in jou Bybel in Daniël 10 wanneer jy tyd kry. Dan die
volgende woorde wat die engel met hom spreek …

Dan.10 V11 Die man sê toe vir my: “Daniël, jy vir wie God
lief het, gee ag op wat ek vir jou gaan sê, en staan regop. Ek is na
jou toe gestuur.” Toe hy dit vir my sê, het ek bewend regop gaan
staan. V12 Hy sê toe vir my: “Moenie bang wees nie, Daniël, want
van die eerste oomblik af dat jy jou ingespan het om insig te kry
en jou voor jou God verootmoedig het, is jou gebede verhoor. Ek
het gekom in antwoord op jou gebede……

**** So onthou al sien jy nie dadelik uitkoms nie God het jou reeds
geantwoord. Hy sit dinge in plek stuur mense oor jou pad laat dinge
gebeur om jou gebed te beantwoord op die beste manier wat daar is
Al lyk dit of alles nou skeef loop Hy bly in beheer. Vorentoe sal jy sien .

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 5 Aug. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Reg Leff 5 Aug
Alet Nortjé 5 Aug.
Julie Botha 5 Aug.
Magda Joubert 7 Aug.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 79 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *