Ingestuur deur Lynette Muller
Bestanddele
8 Uie sny in ringe
2 eetlepels Kerriepoeier
1 e Borrie
4 eetlepels Suiker
2 eetlepels Maziena
2 koppies Asyn
2 koppies Water
1 koppie Blatjang
1 koppie Appelkooskonfyt
MAAK SO:
Braai die uie, voeg Kerrie, Borrie, Suiker en asyn by, Meng die Maziena en water. Voeg by mengsel en bly verhit en sodra begin borrel voeg Blatjang en Appelkooskonfyt by. Kook deur en sit af. Gooi oor jou vleis en roer elke dag om. Die lekkerste is as jy dit sewe dae laat marineer. • Terloops, varkvleis maak fantastiese sosaties. RUMPSTEAK is net so lekker.
Advertisements
Word dit in die yskas geberg vir 7 dae? Ek vermoed in die hitte sal dit nie 7 dae oorleef nie, of hoe?
Goeie More. Jy sal dir in ‘n yskas moet sit om te marineer
Hi.Vir hoeveel kg vleis min of meer?
Goeie more. EK reken so 1.5 tot 2 kg