Eier-Hoenderrolletjies

Ingestuur deur Jan van Niekerk
Tuis Tydskrif

Maak: 20 rolletjies
Bereidingstyd: 45 minute
Gaarmaaktyd: 15 minute

Bestanddele
6 Eiers, geklits
Sout en vars gemaalde swartpeper
1 Gaar geroosterde hoender, fyn gevlok
125 ml Vars mentblare
125 ml Vars koljanderblare
1 Komkommer, in dun repe gesny

Metode:
1 Verhit ’n kleefvrye braaipan. Skep sowat 60 ml van die geklitste eiermengsel in die warm braaipan en draai die pan in die rondte om die bodem met die eiermengsel te bedek. Braai tot goudbruin.
Herhaal die proses met die oorblywende eiermengsel en pak die omelette op ’n skoon werkoppervlak.
2 Verdeel die gevlokte hoender, mentblare, koljander en komkommerrepies tussen die omelette en rol dit op. Sny elkeen in die helfte deur en sit dit voor saam met hoisinof soet rissiesous om dit in te doop.

TUIS TYDSKRIF

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 147 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *