Eksodus 17:2-3

Dinsdag 23 Aug. 2016 Tema: Waarom ?2

**** My eie woorde
**** Die volk beskuldig Moses …dis sy skuld. Hulle was fisies dors in
die woestyn. Vandag is die wêreld geestelik dors en soek antwoord
in alles behalwe die HERE. Hy bied vandag vir ons die lewende
water en dis verniet. Kom ek en jy les ons dors by Hom vandag. Dit
kos net om vandag Sy aangesig te soek in gebed. As jy nie tyd het in
jou besige program nie, gaan word stil in die kleedkamer.

Eksodus 17:2-3 Toe twis die volk met Moses en sê: Gee julle vir
ons water om te drink. Maar Moses antwoord hulle: Wat twis julle
met my? Waarom versoek julle die HERE?
3. Maar die volk het daar gesmag na water, en die volk het teen
Moses gemurmureer en gesê: Waarom het u ons dan uit Egipte laat
optrek om my en my kinders en my vee van dors te laat omkom?
Jesaja 55:1 o Almal wat dors het, kom na die waters; en wie geen
geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom, koop sonder geld en sonder
prys, wyn en melk!
Openbaring 22:17 En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom
wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat
wil, die water van die lewe neem, verniet.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 23 Aug. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Ankia v d Westhuizen 23 Augustus
Theda Rall 23 August
Lynn Anderson 23 Aug.
Dandalene Robinson 23 Augustus
Michelle Pieterse 23 Aug.
Jeanell Loots 23 Aug.
Drienie v d Berg 23 Aug.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 100 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *