GEMMER-EN-PIESANGPATATS

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
6 medium patats,
3 ryp piesangs,
25 ml botter,
15 gemmerkoekies, gekrummel,
150 ml kookwater.

Metode
Kook patats in skil tot sag.  Trek skille af en sny patats in dun skywe.  Skil piesangs en sny dieselfde dikte skywe as patats.  Smeer oondskottel en strooi beurtelings gemmerkrummels, patatskywe en piesangskywe daarin.  Sit klontjies botter bo-op.  Giet kookwater oor en bak 25 min. in warm oond met deksel op.  Haal deksel af en bak tot gereg begin verkleur.

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 353 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *