GEURIGE GEBAK (4 porsies)

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
250 ml meelblom,
10 ml bakpoeier,
knippie sout,
mosterdpoeier,
rooipeper,
125 g botter,
1 eier,
185 ml melk,
1 gerasperde ui,
250 ml gerasperde kaas,
15 ml Marmite,
10 ml margarien, gesmelt.

Metode
Meng droe bestanddele en vryf botter in. Klits eier en melk saam en voeg by meelmengsel. Voeg uie en kaas by en meng tot glad. Giet mengsel in ‘n vlak gesmeerde tertbord en bak 30 min. (180*C). Meng margarien en Marmite en skep oor tert. Bak nog 3 min. lank en dien warm op saam met worsies en slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 321 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *