Glutenvrye sjokoladetert

Huisgenoot

Bestanddele
300 g glutenvrye meel
30 ml (2 e) versoeter
50 g botter, gesmelt en afgekoel
1 eierwit
30 ml (2 e) water
VULSEL
4 eiers
60 ml (¼ k) versoeter
300 ml room
300 ml melk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
BOLAAG
125 ml (½ k) room
200 g donkersjokolade, fyn gekap

Voorverhit die oond tot 180 °C.
Blits die meel en versoeter in ’n verwerker tot dit die tekstuur van broodkrummels het. Voeg die botter, eierwit en water by en blits tot gemeng.

Gooi die mengsel in ’n tertpan en voer die bodem en kante uit. Sit 15 min. in die vrieskas. Plaas dan op ’n bakplaat en bak 10 min.

Vulsel
Verlaag die oondtemperatuur tot 150 ˚C. Klits die eiers en versoeter in ’n groot bak.
Giet die room en melk in ’n kastrol en bring tot kookpunt. Voeg die eiermengsel en vanieljegeursel by terwyl jy klits.
Giet die vla oor die basis en bak 25 min.
Bolaag Gooi die room in ’n pot en bring tot kookpunt. Plaas die sjokolade in ’n bak en gooi die room oor. Roer tot glad. Giet oor die vla en sit 2 uur eenkant voor jy dit voorsit.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 364 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *