ITALIAANSE SPAGHETTI MET EIERVRUG (4 porsies)

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
250 g spaghetti,
15 ml olie,
1 ui, gekap,
3 tamaties, gekap,
2 knoffelhuisies, fyngedruk,
50 ml kaas, gerasper,
1 eiervrug in blokkies gesny,
1 d gekapte, vars gemengde kruie,
2 e tamatiepuree (30 ml),
5 ml vars basiliekruid, sout en swartpeper,
450 g dun boerewors, gebraai en in dun skyfies gesny.

Metode
Kook spaghetti in genoeg vinnig kokende water tot net sag.  Dreineer en hou eenkant.  Verhit olie in pan en soteer ui en knoffel daarin tot sag.  Voeg eiervrug, kruie, tamaties en tamatiepuree by, verlaag hitte en prut tot gaar en sag.  Voeg basiliekruid en worsies by en geur met sout en peper.  Verhit tot warm.  Skep sous oor pasta en sprinkel met kaas.  Sit warm voor saam met vars brood.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 301 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *