Matteus 8:26

Donderdag 25 Aug. 2016 Tema: Waarom ?4

**** My eie woorde
**** Wanneer mens na alles om jou kyk. Die regering die
binnegevegte in die politiek en daar by jou werkplek dan hoor ek
mense sê wat hou die toekoms in, waar gaan alles heen.
Vanoggend wil ek deur die woord van die HERE opnuut jou kom
bemoedig. Lees vandag se gedeelte stadig. Eerstens vra Jesus aan
die dissipels waarom hulle bang is ….maar kyk wat sê hy agterna wat
ons so maklik mis lees. Hy sê “ kleingelowiges” Die HERE se verder
Hy het ons nie ’n gees van vreesagtigheid gegee nie … sowaar kom
ons vrese vandaan. Kleingelowigheid en tweedens vrees is die
vyand se wapen. Daarom kan ek en jy vandag met vrede in ons
harte sê: “ HERE laat U wil vandag geskied” Geseënde daggie vir
elkeen en wees verseker as jy jou aan Hom oorgegee het, sal Hy
voorsien kom wat wil.

Matteus 8:26 En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang,
kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see,
en daar het ‘n groot stilte gekom.
2 Timoteus 1:7 Want God het ons nie ‘n gees van
vreesagtigheid gegee nie, maar van krag en liefde en
selfbeheersing.
Genesis 26:24 En die HERE het aan hom in dieselfde nag verskyn
en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees
nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag
vermeerder ter wille van Abraham, my kneg.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 25 Aug. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou spesiale bederf dag.
Wynton Benjamin 25 Augustus
Sharon Brookes 25 Aug.
Ingrid Goagoses 25 Aug.
Ronel Johnstone 25 Aug
Harry Vosloo 25 Aug.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 114 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *