Oosterse Hoender Frikkadelletjies

Ingestuur deur Jan van Niekerk

Maak: sowat 25
Bereidingstyd: 20 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute
Bestanddele:
500 g Hoenderborsfilette (of 500 g hoendermaalvleis)
3 Knoffelhuisies, gekneus
1 Rooi brandrissie, ontpit en gekap
1 Klein ui, fyn gekap
1 Stingel suurlemoengras, fyn gekap
1 Hand vol vars koljanderblare, gekap
40 ml Vissous
30 ml Droë broodkrummels
Olie (vir braai)
Mentblare (vir garnering)
Soet rissiesous (vir voorsit)
Metode:
1 Gooi die hoender, knoffel, brandrissie, ui, suurlemoengras, koljanderblare en vissous
in ’n voedselverwerker en pols dit tot al die bestanddele gemeng is.

2 Vorm die mengsel in hapgrootte frikkadelletjies en braai dit in verhitte olie
in ’n braaipan tot goudbruin reg rondom. Dreineer die frikkadelletjies op handdoekpapier.

3 Draai ’n vars mentblaar om elke frikkadelletjie en steek ’n peuselstokkie of klein metaalpennetjie deur. Sit elke frikkadelletjie in ’n slaaiblaar voor (in ’n glas, indien verkies).

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 554 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *