Pap En Wors

www.rsg.co.za
Ek het die resep raakgeloop op RSG se webblad.

Bestanddele
Stywe pap
3 koppies water
2 teelepels sout
1 koppie mieliemeel
1 – 2 eetlepels botter
½ koppie vars mieliepitte

Vulsel
± 3 varkworsies, of hoenderwors, of boerewors, die lengte van die broodpannetjie
Metode
Stywe pap
Verhit die water en sout in ‘n medium kastrol tot kookpunt.
Voeg die mieliemeel daarby en roer tot gaar, ongeveer 12 – 15 minute.
Roer die botter en mieliepitte by.

“Pap en wors”
Voorverhit die oond tot 180°C.
Voer ‘n 18 cm x 5 cm broodpannetjie met kleefplastiek uit.
Verwyder die derms om die wors.
Skep ongeveer die helfte van die pap in die broodpannetjie.
Pak twee stukke wors in die lengte van die broodpannetjie en plaas ‘n derde stuk wors daarop.
Skep die res van die mieliepap in die broodpannetjie om die wors te bedek.
Maak die oppervlak netjies en glad en bak vir 25 – 30 minute.
***Hier sal ek eers die pannetjie vir so halfuur in die yskas sit. Dan sal ek die pannetjie omkeer, die kleefplastiek afhaal en die oppervlak glad maak met so bietjie water. EK sal weer die pap in die pannetjie sit, wat ek goed bespuit het met en dan bak teen 180 grade.***
Verwyder uit die oond en sodra dit effens afgekoel het, keer die ‘pap en wors’ uit en sny in skywe.
Bedien met tamatiesmoor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 593 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *