PAPTERT MET PAPBALLE

Ingestuur deur Marie Jansen van Vuuren
Bron: Onbekend
Plasing: TIana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Bestanddele
1 blik tamatie-en-uiemengsel
1 handvol dun gesnyde biltong
1 handvol gekapte krakerige gebraaide spek stukkies
1 vars tamatie
1 teelepel suiker
1 eetl balsamiese asyn
2 handevol gerasperde kaas van jou keuse
Sout en peper
2 eetl vrugte blatjang

METODE:
Maak ‘n pot pap, genoeg om 3/4 ‘n bak te vul. Die tekstuur van die pap moet nie te droog wees nie maar klewerig om klein balletjies te rol.
Smeer ‘n oondbak met ‘n laag pap.
Verhit die tamatie-en-uiemengsel in ‘n kastrol – voeg die suiker en balsamiese asyn by.
Kap die tamatie rofweg op en voeg by die mensgel.
Voeg die blatjang, gevolg deur die sout en peper by na smaak.
Meng die biltong en spek stukkies by en skep dit oor die eerste laag pap.
Rol klein balletjies met die orige pap en plaas dit op die vulsel, skep die res van die vulsel oor.
Sprinkel gerasperde kaas oor.
Bak in oond op rooster tot kaas begin verbruin.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 427 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *