Sjokolade koek met karamel sous – HEERLIK!!! Heerlik 10 Porsies

Ingestuur deur Nikkie Rossouw

Sif Saam: 1 Koppie koekmeel
1 eetlepel hoogvol kakao
1 Koppie strooisuiker (CASTOR SUGAR)
1 ml sout
2 teelepels bakpoeier

Klits saam: ½ Koppie kookolie
½ koppie water
4 eiergele (geskei)
1 teelepel vanilla essens

Meng eiergeel mengsel met die meelmengsel. Klits die 4 eier WITTE styf met ½ teelepel bakpoeier en vou in meelmengsel. Gooi in gesmeerde bakskottel (baie groot) en bak vir 30-35 minute by 160 Grade Celsius

Kook saam (Sous) 1 Koppie suiker
1 koppie water
1 teelepel hoogvol koffie
1 teelepel karamel of rum essens

GOOI KOKENDE SOUS OOR WARM KOEK WANNEER KLAAR GEBAK EN NET UIT DIE OOND GEHAAL. LAAT AFKOEL VOOR VERSIERING OPGESIT WORD.

Versier met: 1 pakkie karamel kitspoeding
(hierdie is steeds die lekkerste geur)
1 koppie melk
250 ml vars room

Klits nou die room styf.
Maak die kitspoeding aan met melk. (maak net liggies aan) en vou dadelik die room in die karamelmengsel. Smeer oor die koek as dit heeltemal koud is. Versier verder soos jy wil. Hou hierdie tert/koek heeltyd in die yskas.

Dit kan ook soos “Muffins” in muffin pan gebak word. Deel dan net die deeg (1-2 eetlepels) en die sous (1 eetlepe1) daarna. Maak omtrent 42 klein yskas tertjies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,095 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *