Spr 26:18

Vrydag 19 Aug. 2016 Tema: Ek belowe …5
**** My eie woorde
**** Toe ek vanoggend hierdie eerste deel se woorde lees besef ek
hoe waar dit is…. ek onthou as kind het ons ook so maklik gesê “ek
speel net” maar eintlik het jy dit bedoel

Spr 26:18 Soos ‘n mal mens wat dodelike pyle rondskiet, V19 so is
iemand wat ‘n ander bedrieg en sê: “Ek speel sommer.”

**** Dit bring my by die volgende deel. Die HERE het ‘belowe dat Hy
hierdie aarde met al sy sonde gaan skud en daarmee saam gaan die
hemele geskud word. Wanneer dit gaan gebeur weet ons nie, maar
daardie dag sal Hy nie sê: “Ek speel sommer” nie . Daardie dag sal
elke een op hierdie aarde weet Hy is toornig en het genoeg gehad
van sonde en die vertrapping van Sy Seun se offer aan die kruis.
Onthou of hulle Noag wou glo of nie die vloed het gekom. Of ons
hierdie deel glo of nie … Hy het belowe en dit gaan kom . Mag ons
elkeen so ‘’n verhouding met ons skepper en Meester hê dat ons
gereed sal wees op daardie dag.

Heb 12v 25 Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; want as
húlle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op aarde ‘n
goddelike waarskuwing gegee het, veel minder óns wat ons van
Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek.26 Toe het Sy stem
die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal
laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe.
Psalms 18:7 (18:8) Toe het die aarde geskud en gebewe; die
fondamente van die berge het gesidder en geskud, omdat Hy
toornig was.
Lukas 21:26 en mense se harte beswyk van vrees en verwagting
van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die
hemele sal geskud word.
2 Petrus 3:9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit
vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê dat
sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet
kom.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 19 ,20 en 21 Aug. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Alta Booysen 19 Aug
André Barnard 19 Aug.
Ann Kriel 19 Aug
Lisa Curtis 20 Aug.
Leon Vraagom 20 Aug.
Marco Fürstenburg 20 Aug.
Karin Hoffman 21 Aug.,
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 93 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *