WELWITCHIA-SPINASIEGEREG

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
750 ml gekookte, gedreineerde spinasie (warm),
125 ml kookwater waarin 1 hoenderaftrekselblokkie opgelos is,
1 ui (fyngekap),
12,5 ml botter,
12,5 ml margarien,
12,5 ml growwe meel,
62,5 ml room,
62,5 ml afgeroomde melk,
25 ml suurlemoensap,
1 ml suurlemoenpeper,
1 ml fyn neut,
sout na smaak.

Metode
Kook uie in botter en margarien tot dit sag maar nie bruin is nie. Voeg ui by spinasie. Meng room en afgeroomde melk en voeg suurlemoensap by. Laat rukkie lank staan. Meng melk- en roommengsel met meelblom tot smeer en voeg hoenderaftreksel by. Voeg by spinasie en geur met sout & peper. Laat baie stadig kook vir paar minute. Roer af en toe. Strooi neut oor net voor opdiening.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 269 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *