2Kron 33V10 ~ Benoudheid

Dinsdag 13 Sept. 2016 Tema: Benoudheid 2
**** My eie woorde
**** Die eerste gedeelte in vandag se tekste praat van ‘n koning
met sy volk wat nie geluister het nie en daarna die gevolge
daarvan

2Kron 33V10
En die HERE het met Manasse en met sy volk gespreek, maar
hulle het nie geluister nie. 11 Daarom het die HERE die
leërowerstes van die koning van Assirië oor hulle gebring, en dié
het Manasse met hake gevang en hom met koper kettings geboei
en hom na Babel vervoer. 12 Maar in sy benoudheid het hy die
aangesig van die HERE sy God om genade gesmeek en hom
diep verootmoedig voor die aangesig van die God van sy vaders
13 en tot Hom gebid; en Hy het hom verhoor en na sy smeking
geluister en hom na Jerusalem in sy koningskap teruggebring.
Toe het Manasse erken dat die HERE God is.

****Die tweede deel praat van hoe hy in benoudheid verkeer het
en na die HERE gedraai het en gesmeek het vir genade. Ek
wonder tot in watter dieptes moet ons land voordat ons opreg
begin smeek vir genade. Laat ons nie wag tot ons in benoudheid
verkeer nie, maar kom ons smeek opnuut vandag vergifnis en
genade.
Maleagi 3:6 Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle,
kinders van Jakob, is nie verteer nie.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 13 Sept. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Benita Losper 13 Sept.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten Blye.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 70 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *