3 MAKLIKE DOOPSOUSE

Ingestuur deur Lynette Muller

Bestanddele
3 bakkies room of gladde maaskaas
sout en peper na smaak
‘n hand vol gekapte pietersielie
1 el groenpeperkorrels
1 tl paprika
100 g parmesaan kaas – fyngerasper
1 takkie roosmaryn – fyngekap

Metode
Skep die houertjies room of maaskaas elkeen in ’n aparte bakkie uit en roer elkeen totdat dit glad is.
Sprinkel ‘n bietjie sout en peper oor elke bakkie en meng dit goed deur.
Meng die pietersielie by die eerste bakkie in.
Peperkorrels en paprika by die tweede bakkie.
Parmesaan kaas en roosmaryn by die derde bakkie.

Metode
Bêre die oorblywende bietjies doopsous in die maaskaasbakkies in die yskas .
Dollie hulle dan op met skaafsels biltong of fyngekapte sprietuie. .

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 597 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *