ALLERHEERLIKSTE BESKUIT

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
3 x 500 g meelblom,
2,5 ml sout,
20 ml bakpoeier,
4 groot eiers,
500 g botter,
500 ml karringmelk,
250 ml kookolie,
525 ml suiker.

Metode
Sif meel, bakpoeier en sout saam. Vryf botter goed in met vingerpunte. Klits eiers en suiker tot liggeel en skuimerig. Meng karringmelk en olie en voeg by eiermengsel. Meng alles goed saam. Skep uit in gesmeerde broodpanne en smeer gelyk bo-op. Bak omtrent 1 uur lank (150*C) tot gaar. Sny, wanneer afgekoel, in verlangde groottes en droog uit in oond (100*C) met oonddeur op ‘n skrefie oop.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,119 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *