Deeg Vir Vis, Sampioene Of Uie Ringe

Ingestuur deur Lynette Muller

Bestanddele
1 botteltjie bier (bv Castle of blacklabel ens) of sodawater of sprite
¾ k bruismeel
¼ k suurlemoensap
1 t swart peper
1 t sout
bietjie suurlemoenpeper (opsioneel)

Metode:
Meng als & doop vis, uie ringe of sampioene daarin.
Bak in vlak olie & draai om totdat beide kante goudbruin is.

Wenke:
Uie ringe:
As jy uie ringe wil maak, skil die uie, sny die uie ringe & gooi in bak met yskaswater & ys. Laat staan vir rukkie voor gebruik. Dit werk ook goed as jy uieringe in plastieksakkie met meel skud voor jy dit in deeg sit.

Vis:
Bak vis in omtrent 1cm diep olie. Gebruik die helfte bruismeel & die helfte mieliemeel, dan is dit nog lekkerder vir die vis!

Sampioene:
Braai jou sampioene & uie bietjie, bietjie op ‘n slag anders sit dit aan mekaar vas.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3,400 times, 2 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *