FRANKFORTERTERT (4 – 6 porsies)

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
45 ml margarien,
45 ml koekmeel,
500 ml melk,
250 ml gerasperde kaas,
2 ml paprika,
1 blik pitmielies, gedreineer,
2 ekstra-groot eiers, geskei,
6 frankforters, in skywe gesny,
sout & swartpeper.

Metode
Verhit oond (190*C). Smeer ‘n diep 24 cm oondbak. Smelt margarien en voeg meel by. Roer goed en voeg melk bietjies-bietjies by terwyl aanhoudend geroer word. Verhit tot sous kook en verdik, roer gedurig. Voeg res van bestanddele, behalwe eierwitte, by. Klits eierwitte tot dit stywe punte vorm en vou by mengsel in. Skep in bak en bak 30 minute tot gaar en goudbruin van bo. Dien op met brood en mengelslaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 264 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *