Gal 5:22

Woensdag 21 Sept. 2016 Tema: Vrugte van die Gees 3
**** My eie woorde
Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede,
lankmoedigheid,

***** Die volgende 2 vrugte waarna ons kyk is dan vrede en
lankmoedigheid- dit is geduld. Hierdie vrede is nie net die vrede in
jou huis en die vrede tussen diegene in jou daaglikse omgang nie,
dis veel groter omdat dit kom vanuit jou verhouding met jou
Skepper. Dis dié vrede wat Christus ons gee, jy kan nie daarvoor
werk nie jy kan dit nie koop nie, dit gaan suiwer om God se wil te
kies, dan ontvang jy dit. Dit is daardie vrede wat jou hart bewaar
vir die ewigheid. Wanneer jy voor ’n keuse of besluit in jou lewe
kom en jy het nie vrede nie weet verseker die HERE sê vir jou
moenie dit doen dit nie. Geduld om op Sy tyd te wag is soveel
beter. Lees gerus vandag se getuienis wat hierby aansluit

Rom_5:1 Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons
vrede by God deur onse Here Jesus Christus;
Fil_4:7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan,
sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Joh_14:27 Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle;
nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie
ontsteld word en bang wees nie.
2Pe_3:9 Die Here vertraag nie die belofte soos sommige dit
vertraging ag nie, maar Hy is lankmoedig oor ons en wil nie hê
dat sommige moet vergaan nie, maar dat almal tot bekering moet
kom.

GETUIENISSE en TERUGVOER
M.L.getuig:
Ek was baie siek, God het my binne ‘n week gesond gemaak dat
ek 10km kon stap, toe raak my sussie so siek dat sy 5dae in die
hospitaal beland en die Here raak haar aan, sy sterk aan by die
huis op die oomblik, my seun dieselfde. Hy is nou al amper drie
weke siek. Ek was so bekommerd oor hom, danksy God se
genade is hy ook nou op die pad na herstel. Ons het so baie om
voor dankie te sê en net stil te word en ons kop in skaamte te
laat sak omdat ons twyfel. God se tyd is die beste.
**** Amen. Baie dankie dat jy dit met ons gedeel het.
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 21 Sept. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Frieda Nieuwenhuizen 21 Sept
Carin Strydom 21 Sept
Jan Janse van Rensburg 21 Sept
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 95 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *