Genesis 33:5 NLV

Die Woord vir Vandag

Genesis 33:5 NLV
2016-09-02 Geskryf deur Bob en Debby Gass
Pa, waardeer jou kinders
Ons lewe in ‘n tyd waarin kinders al hoe meer dinge wat hulle wil hê, en al hoe minder dinge wat hulle nodig het, gegee word. Wat het hulle nodig? Vir jou! Nie speelgoed, geld, of selfone nie, maar jou liefde en jou tyd. Lees hierdie onrusbarende woorde in ‘n Newsweek artikel genaamd, Dear Dad, Save Your Sons, deur die sielkundige Christopher Bacorn. Hy vertel van ‘n angstige ma in haar mid-dertigs wat saam met haar vyftienjarige seun na sy kantoor gekom het. Die seun se pa het hulle vier jaar tevore verlaat. Van toe af het die seun met alkohol, bendes en geweld begin dobbel. Die ma het nêrens meer gehad om te gaan nie, en op sy beste was die seun ‘n vyandige deelnemer. Na dertig minute wat dr Bacorn met die seun probeer praat het, het hy die sinloosheid daarvan besef. Hy het hierdie aangrypende en hartseer woorde geskryf: ‘Ek begin glo dat tienerseuns nie baat by professionele berading kan vind nie. Wat ‘n seun kan gebruik, en al te gereeld nie het nie, is die kameraadskap van mans – ten minste een man wat aan hom aandag gee, wat tyd met hom spandeer, wat hom bewonder. ‘n Man wat die seun na kan opkyk. Wat hy nie nodig het nie, is ‘n sielkundige. As ‘n nasie word ons deur jeugdige geweld, bendes, wapens en dwelms getreiter. Die meerderheid van jeugdige oortreders is manlik, die meeste van hulle het nie pa’s wat op enige betekenisvolle manier in hulle lewens betrokke is nie.’ In Genesis lees ons dat Jakob ‘n suksesvolle besigheidsman was, maar dat hy ontdek het dat sy grootste aardse rykdom die kinders was ‘…wat God in sy goedheid aan my gegee het…’. Pa, het jy dit al ontdek?
Sielskos: Hoog 4-5; 2 Kor 9
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 100 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *