Luk 21:25 ~ Benoudheid

Vrydag 16 Sept. 2016 Tema: Benoudheid 5

**** My eie woorde
****Ons lewe voorwaar in tye van benoudheid. Tog waarsku die
Woord ons dat daar nog erger dinge wag. As ons nie nou eers
kan staande bly nie, hoe gaan ons staande bly wanneer die
HERE ons deur en deur gaan toets. Elke situasie waardeur ek en
jy gaan is juis ’n uitroep van die HERE om te sê: “Wanneer gaan
jy met My daaroor praat?” Hy alleen is die antwoord op elke
uitroep na hulp elke fluister gebed om genade. Daarom moet ek
en jy leer om die HERE te vra om die lesse te leer wat Hy vir ons
in ons spesifieke situasie wil leer en nie daarom weg te neem nie,
want dan moet ons weer dieselfde les leer. Onthou net wanneer
ek en jy daardie volkome oorgawe maak en alles in SY hand los
sal dit reg uitwerk.

Luk 21:25 En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre,
en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid,
wanneer see en branders dreun,
Daniël 12V1 En in dié tyd sal Mígael, die groot vors wat oor die
kinders van jou volk staan, optree; en dit sal ‘n tyd van
benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat ‘n volk
bestaan het tot op dié tyd nie; maar in dié tyd sal jou volk gered
word, elkeen wat in die boek opgeskrywe staan.2 En baie van die
wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die
ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik.
Ps 120:1
‘n Bedevaartslied. Ek roep die HERE aan in my benoudheid, en
Hy verhoor my.
Ps 138:7
As ek te midde van benoudheid wandel, behou U my in die lewe;
U steek u hand uit teen die toorn van my vyande, en u regterhand
verlos my.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 16,17 &18 Sept.. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Marina Griessel 16 Sept
Alet Collet
Wilma Havinga 16 Sept.
Colleen Bergman 16 Sept.
Elizabe Els 17 Sept.
Antionette Ludick 17 Sept
Frans Botha 17 Sept.
Alma Alcock 17 Sept.
Cliff Silver 17 Sept.
Pauline Dietrich 18 Sept.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten

DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 75 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *