MALVAPOEDING IN ‘N KOPPIE

Ingestuur deur Koekoes Vorster
Bron: Tania Bianca Benecke
Watertand Resepte vir Oud en Jonk

Ek het die Resep gisteraand gemaak
Maar met gluten vrye meel en suiwel vrye room en dit was heerlik
Ek het dit in ramekin bakkies gesit
Die gewone wit klein een en die die bietjie groter een van Argilla
Ek het dit 3/4 geskep maar Almal het oorgekook …

Bestanddele
4 Eetl meel,
4 eetlepels suiker,
4 eetl melk,
1 teelepel asyn,
2 teel appelkooskonfyt,
half teel bakpoeier,
half teel koeksoda,
1 eier
knippie sout.

Metode
Klits eier en suiker en en gooi die koeksoda by en meng goed voeg die res van die bestandele en meng
Gooi in n koppie of poedingbakkie
Genoeg vir 2
Bak in mikrogolf op hoog vir 3 minute.

SOUS:
4 eetlepels suiker,
1 kop melk,
2 eetlepels margarien
half teelepel vanilla
METODE:
Kook saam en gooi oor die warm poeding.
Om sjokolade malva poeding te maak gooi net n teelepel kakoa by beslag se bestandele en by die sous ook n teelepel kakao
Baie baie lekker

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 809 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *