PAMPOENKOEKIES – Resep 1

Send in by Rika Theron

Bestanddele
500 ml gaar boerpampoen,
2 ml sout,
250 ml meelblom,
suiker,
10 ml bakpoeier,
1 eier, geklits,
kaneel,
kookolie vir braai.

Metode
Druk pampoen goed fyn.  Voeg meel, bakpoeier, sout en eier by en klits deeglik tot gemeng.  Skep lepelsvol in warm kookolie, druk effens plat en bak aan weerskante tot goudbruin en gaar.  Dreineer op kombuispapier en skep in opdienskottel.  Meng suiker en kaneel en sprinkel oor warm koekies.

Boeregroete tot volgende week.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 658 times, 3 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *