PAPTERT

Ingestuur deur Marie Janse van Vuuren
Bron: Onbekend
Plasing: Tiana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Wat is ‘n goeie braai sonder ‘n goeie paptert?
Met dié resep sal jy almal se bewondering afdwing!

VIR DIE PAP:
2l (8 koppies) water
400 g (2¾ koppies) mieliemeel
15 ml sout

VIR DIE SOUS:
125 g spekblokkies
25 ml olyfolie
½ groen soetrissie, in klein blokkies gesny
1 pakkie (250 g) sampioene, gehalveer en in skywe gesny
1 blik (400 g) tamatie- en uiemengsel
100 g (1 koppie) gerasperde Cheddarkaas
5 ml gedroogde basiliekruid – of 15 ml vars as beskikbaar
5 ml gedroogde of 15 ml vars pietersielie
sout en varsgemaalde swart peper, na smaak

METODE:
Bring die water tot kookpunt. Voeg mieliemeel en sout by. Roer deeglik om klonte te voorkom.
Prut ongeveer 30 minute tot gaar.
Braai die spek in ongeveer 15 ml olie tot bruin en bros. Voeg die soetrissie by en braai 5 minute.
Jy kan nog olie bygooi soos dit nodig blyk.
Voeg dan die sampioene by en braai nog 5 minute, voeg dan die tamatie- en uiemengsel by. Jy kan ook ‘n ui saam met die soetrissie braai en ‘n blik gekapte tamaties gebruik. Geur met kruie, sout en peper.
Bring tot kookpunt en kook ‘n paar minute saam.
Maak lagies van die pap en die sous in ‘n oondvaste bak wat groot genoeg is.
Begin met ‘n lagie van die helfte van die pap. Dan die helfte van die sous. Weer pap en eindig met sous. Strooi die kaas oor.
Bak by 180 °C vir 25 – 30 minute.
Hierdie maak genoeg vir 8 mense

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 7,432 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *