Ps 116:3

Donderdag 15 Sept. 2016 Tema: Benoudheid 4
**** My eie woorde

Ps 116:3
Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk
het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind.
Ps 118:5
Uit die benoudheid het ek die HERE aangeroep; die HERE het
my verhoor in die ruimte.

**** Miskien ervaar jy dat die benoudheid om jou toegesak het.
Dis donker om jou daar is NIEMAND wat jou kan help nie. Tog
wanneer jy in hierdie benoudheid jou hand na die Here uitsteek
en sê Here HELP MY! Dan in ‘n oomblik is jou Naam op Jesus se
lippe en tree HY vir jou in by ons Hemelse Vader.
Net soos Hy destyds vir Jakob gesê het is SY WOORD
vanoggend net vir jou asof jy die enigste een op die Hele aarde is:

Gen 26:24
En die HERE het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek
is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want
Ek is met jou;…….

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 15 Sept. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Ferdie v Loggerenberg 15 Sept
Patty Anthony 15 Sept
Thelma Johnson 15 Sept
Veronique Booys 15 Sept
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten Blye

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 49 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *