SAMPIOEN-EN-SOUTVLEISGEREG

Ingestuur deur Rika Theron

Bestanddele
125 g macaroni,
285 g blik sampioene,
500 ml gerasperde kaas,
300 g blik soutvleis,
1 pakkie sampioenroomsop,
375 ml water.

Metode
Maak macaroni gaar volgens aanwysings en dreineer goed. Maak sop aan met water en roer by macaroni. Breek vleis in stukkies met vurk en voeg saam met helfte van kaas by eerste mengsel. Dreineer sampioene en voeg by. Plaas mengsel in gesmeerde diep bak. Strooi res van kaas oor en bak (180*C) vir 25 – 30 min. Dien warm op saam met groen slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 348 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *