Sjerrie-Kaasmengsel

Ingestuur deur Lynette Muller

“Hierdie is ’n doopsous. Sit dit voor saam met aartappelskyfies of kraakbeskuitjies.”

Bestanddele
500 g cheddar
125 g bloukaas
60 mℓ sagte botter
125 mℓ medium sjerrie
15 mℓ Worcester-sous
5 mℓ mosterd
’n druppel Tabasco
Uiesout en knoffelsout, na smaak

Metode
Die kaas moet kamertemperatuur wees.
Rasper die cheddar.
Verkrummel die bloukaas.
Meng die kase saam met die botter in ’n bak. Gebruik ’n vurk.
Klits nou die wyn en sout geleidelik by met ’n elektriese menger. Klits tot die mengsel glad en donsig is. Sit voor by kamertemperatuur.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 154 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *