Spr. 4:13

Donderdag 1 Sept. 2016 Tema: Hou vas 4
**** My eie woorde
**** Vanoggend is nogal ’n vreemde teks… dat ons moet vashou aan
die tug en dit bewaar. Wat die woord vir ons sê is dat ons die lesse
wat die HERE ons leer nie moet vergeet nie. Verder sê dit wanneer
jy in die nood is lyk dit nie asof jy daaroor moet bly wees nie, maar
dat jy daaroor kan huil maar vorentoe sien jy dat dit goeie vrugte
voortbring wanneer jy aan God se wil gehoorsaam is. Dan die laaste
deel sê indien jy dit verdra is dit juis omdat die HERE jou as Sy kind
behandel. Onthou die spreekwoord “ ’n Pak op sy tyd is soos brood
en konfyt”  Kom ons sê opreg dankie vir die HERE vir die kere
wanneer Hy ons tugtig en wees dan gehoorsaam want dit is Sy doel
dat jy MEER vrug kan dra tot eer van Sy Naam want Hy is God van
en oor die heelal.

Spr. 4:13 Hou vas aan die tug, laat dit nie los nie; bewaar dit, want
dit is jou lewe.
Heb. 12:11 (NV)Wanneer ons getug word, lyk die tug op daardie
oomblik nie na iets om oor bly te wees nie, maar om oor te huil. Later
lewer dit egter vir dié wat daardeur gevorm is, ‘n goeie vrug: vrede
omdat hulle gehoorsaam is aan die wil van God.
Heb. 12:7 As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns;
want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie?
Joh 15:2 Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy weg; en elke
loot wat vrug dra, dié maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra.

GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit
onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.
VERJAARSDAE 1 Sept. 2016
Hartlik geluk aan jou met jou verjaarsdag vandag Mag die
HERE jou spesiaal seën vandag en mag hierdie jaar ’n
besondere jaar in jou verhouding met Hom wees. Geniet
jou bederf dag.
Yvonne Botha 1 Sept
Toeks du Toit 1 Sept.
Marisca Viana 1 Sept.
Facebook:
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
________________________________________
Gratis Afrikaanse Bybelstudie CD’s by die skakel
blye.versekering.audiocd@gmail.com?subject=Gratis_CD_asb
of stuur epos aan blye.versekering.audiocd@gmail.com
vir diegene in RSA.
Diegene in Namibië kan bestel, ek sal die posgeld dra soos die
HERE voorsien. Stuur volledige posadres met “Gratis CD”
as onderwerp. Skryf jou adres in die regte formaat dan kan ek dit
net hak en plak vir adres plakkers. Stuur ‘n epos of faks.
CD 1-3 , 4-6, 7-9 en 10-13 is voltooi. Ek stuur dit in pakkies van 3
Ek stuur daagliks in die week e-pos uit, indien jou e-pos ophou,
doen asb. navraag. Soms verloor ek adresse ander kere kom e-pos
aanhoudend terug dan staak ek die inskrywing.
________________________________________
DAGSTUKKIES:
Nuwe aansoeke WELKOM!! Kliek op die toepaslike skakel
Indien die skakel nie werk nie, “reply” net met ‘n onderwerp bv. “GEBEDSVERSOEK”
Om in te teken kies SLEGS een, daagliks OF weekliks.
By DAAGLIKS ontvang jy elke oggend ‘n dagstukkie.
By WEEKLIKS ontvang jy ‘n verkorte weergawe van die week se dagstukkies op
Vrydagoggend in een posstuk.
Jy kan “daagliks” kies en later verander na weekliks.
Inteken: (kies een van die volgende :-))
blye.versekering@gmail.com?subject=DAAGLIKS
blye.versekering@gmail.com?subject=WEEKLIKS
VERSOEKE:
Ek bid daagliks spesiaal vir gebedsversoeke, jy kan enige dag en tyd ‘n
versoek stuur. Ek ontvang my e-pos op my selfoon. Indien die onderstaande
skakel nie werk nie
Gebed.asseblief@gmail.com?subject=Bid_vir_die_volgende
gebruik net die epos adres:
Gebed.asseblief@gmail.com
Jammer, ek bid nie vir naamloses nie en ook nie vir kettingbriewe nie.
Ek plaas nie versoeke vir ander om te sien nie, dus bly jou gebedsversoek
vertroulik, alleenlik terugvoer / getuienisse word met ‘n skuilnaam
geplaas met jou goedkeuring
Terugvoer:
blye.versekering@gmail.com?subject=Terugvoer
Om uit te teken:
Wanneer jy met verlof gaan of van werkplek verander teken uit asb.
blye.versekering@gmail.com?subject=STAAK
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 84 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *